Reënboog kleure verf die muur in die gang,
dis ‘n lente teken wat ek goed ken.
Die boom skiet saad soos ‘n pellet gun
hier langs die badkamer venster,
en ek moet skool toe gaan.
Ma slaap nog soos die reënboog strepe breër word,
ek loop kaalvoet oor die wit teëls.
Hul lê soos wit sigaret pakkies langs mekaar.
Die strepe is nou op my bors, dis die spieëls
wat die son se lente boodskoop bring.
My navy skoolsak is vol gepak, die Tupperware bak
het al lankal eie plek gemaak tussen cardboard dividers
Die reuk van gesnyde gras, die klank van die buckle op my sak,
en Mrs Barnard se ligblou gestreepte rok;
dis die dae wat ek nou na terug verlang.
Waar ek nou bly vang die spieëls geen son
Ma slaap nóg en die skool is lankal verby.
Dit reën saggies buite en teen die hemelruim -
die selfde reënboog strepe verskyn wat ek só goed ken,
en jare se herineringe kom terug na my.
deur M. Baumhauer